1. Voorverhit die oond tot 200 °C.
  2. Smeer 8 losboom-bakkies.
  3. KORS Meng 500 g koekmeel, 100 g versiersuiker en 250 g koue botter en ’n hand vol vars gekapte kruie in ’n voedselverwerker tot krummelrig. Voeg 2 eiers deur die tuit by. Meng tot ’n deeg. Verkoel.
  4. Pak vars kruie op ’n plat oppervlak; rol die deeg daaroor uit. Voer die bakkies daarmee uit. Verkoel. Bak blind.
  5. VULSEL Meng 230 g roomkaas en 300 g gerasperde sterk cheddar-en/of gruyèrekaas met 3 eiers. Voeg 125 ml (½ k) gekapte songedroogde tamaties by. Skep in die korse.
  6. Rangskik babatamaties bo-op en bak 20-25 min. tot gaar. (Druk koekies uit orige deeg, draai met kruiekant na bo en bak 7-8 min. tot gaar.)