Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 15 min.

Gaarmaaktyd: 15-20 min.

RYS

500 ml (2 k) jasmynrys

5 ml (1 t) sout

45 ml (3 e) sesamsade, gerooster

30 ml (2 e) strooisuiker

60 ml (¼ k) rysasyn

SLAAI

1 kop kropslaai

1 komkommer, in linte gesny

2 wortels, skoongeskraap, in linte gesny

60 ml (¼ k) sojasous, vir voorsit

gepiekelde gemmer

  1. Rys Verhit 6 x 250 ml (6 k) water in ’n kastrolletjie saam met die rys en sout. Kook 15-20 min. tot gaar en dreineer, maar moenie afspoel nie. Meng die sesamsade deur.
  2. Klits die strooisuiker en rysasyn saam en voeg bietjies-bietjies na smaak by die rys.
  3. Slaai Breek die blare versigtig van die kop af. Skep van die rys in die blare, asook die komkommer- en wortellinte. Sit voor met die sojasous en gepiekelde gemmer.