Bereiding: 5 minute

Gaarmaaktyd: 5 minute

Genoeg vir 6 mense

250 g cheddarkaas, gerasper

3 tamaties, gekap

60 ml (¼ k) sterk atjar, olie afgegiet

1 bossie vars koljander, skoongemaak en gekap

6 tortillas

45 ml (3 e) olie

1.    Meng die kaas, tamatie, atjar en koljander.

2.    Verdeel die mengsel tussen die tortillas. Smeer die een helfte van elke tortilla, vou die ander helfte oor en druk plat.

3.    Smeer die toe tortillas met olie. Plaas hulle in ’n warm riffelpan oor hoë hitte en braai weerskante tot goudbruin skroeistrepies vorm en die kaas effens gesmelt het.