GENOEG VIR 4-6 MENSE

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 5 minute

TZATZIKI

¼ komkommer, gerasper

125 ml (½ k) Griekse jogurt

2 knoffelhuisies, gekap

sout en vars gemaalde peper

SLAAI

6 snye ciabatta of suurdeegbrood, in lang, diagonale skywe gesny

6 cos-slaaiblare, skoon afgewas

1 appel, in skywe gesny en met suurlemoensap besprinkel

150 g halloumikaas, in repe gesny

6 velletjies parma- of swartwoudham

60 ml (¼ k) amandelvlokkies, gerooster

Voorverhit die oond tot 220 °C.

  1. TZATZIKI Druk soveel moontlik vloeistof uit die komkommer. Meng dit met die res van die bestanddele en hou in die yskas tot benodig.
  2. SLAAI Pak die brood op ’n bakplaat en rooster 3-5 minute of tot goudbruin in die verhitte oond. Pak op ’n opdienbord.
  3. Pak die blare op die skyfies roosterbrood en pak skyfies appel op.
  4. Rooster die halloumi in ’n verhitte riffelpan tot swart merkies verskyn.
  5. Pak dit op die appel, stapel ’n bondel ham en ’n skeppie tzatziki op en sprinkel die amandels oor.
  6. Sit dadelik voor anders word die halloumi rubbertaai.

Nog ’n gaarmaakplan met halloumi: Rol dit in geklitse eier en dan in meel. Braai in ’n bietjie olie. Dreineer en sit dadelik voor.