Die perfekte vinnige peuselhappie.

Genoeg vir 2-4 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 5 min.

4 snye suurdeegbrood

30 ml (2 e) olyfolie

1 knoffelhuisie, gehalveer

2 tamaties, saad verwyder, fyn gekap

’n hand vol basilieblare

5 ml (1 t) rooiwynasyn

’n knippie strooisuiker

sout en peper

50 g buffelmozzarella

  1. Verhit ’n roosterpan oor matig-hoë hitte. Verf albei kante van die snye brood met die olie. Braai 2 min. of tot goudbruin en geskroei aan albei kante. Vryf die snykant van die knoffel oor die een kant van elke sny brood.
  2. Meng die tamaties, basilie, asyn en suiker in ’n bak. Geur met die sout en peper. Voeg die geskeurde buffelmozzarella by die mengsel. Skep die tamatiemengsel op die geskroeide brood.

Deur Hope Malau

Foto: Misha Jordaan