Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 15 minute

3 rooisoetrissies, gehalveer

1 rooibrandrissie, gehalveer

5 ml (1 t) olie

1 ui, fyn gekap

2 ml (½ t) fyn koljander

5 ml (1 t) fyn komyn

1 blik (410 g) keker-ertjies

1 knoffelhuisie, fyngemaal

skil en sap van 1 suurlemoen

sout en vars gemaalde swartpeper

1 Voorverhit die oondrooster op hoog. Plaas die soetrissies en brandrissie snykant na onder op ’n bakplaat en vryf met die olie. Rooster ’n kwartier of tot die skille egalig swart is. Verplaas dit na ’n bak, bedek met kleefplastiek en sit 5 minute eenkant sodat die skille kan loskom.

2 Sodra die rissies genoeg afgekoel het om te hanteer, trek die skille af. Moet dit nie was nie.

3 Plaas die geroosterde rissies, ui, speserye, keker-ertjies, knoffel, suurlemoensap en -skil in ’n voedselverwerker en verwerk tot ’n gladde mengsel. Voeg ’n paar lepels water by as die mengsel te dik is. Geur met sout en peper.

4 Sit voor met hoender en pitabrood.

- Hope Malau