Genoeg vir 4-6

Bereiding: 5 min.

Gaarmaak: 20 min.

4 rooi soetrissies

10 ml (2 t) olie

400 g kekerertjies, afgespoel

30 ml (2 e) suurlemoensap

6 knoffelhuisies, fyngedruk

45 ml (3 e) olyfolie

sout en peper

pittabrood vir voorsit

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. Pak die soetrissies op ’n bakplaat, besprinkel met olie en vryf oraloor. Rooster 20 min. of tot die skil borrelrig is.
  2. Sit die warm soetrissies in ’n bak, bedek met kleefplastiek en laat staan 15 min. of tot die skil maklik aftrek.
  3. Verwerk die keker-ertjies, suurlemoensap, knoffel en soetrissies in ’n voedselverwerker tot ’n sagte puree. Giet die olie in ’n dun straal by die keker-ertjies in tot alles goed in die mengsel ingemeng is. Geur met sout en peper. Sit voor met pitabrode.

Deur Hope Malau

Foto: Jacques Stander