Genoeg vir 6 of meer

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 5 minute

Afkoeltyd: 2 uur

125 ml (½ k) room

5 gelatienblare, in water geweek

300 g aspersies, gekook

500 g roomkaas

sout en vars gemaalde swartpeper

brood vir voorsit

1        Verhit die room in ’n kastrol oor matige hitte tot dit amper kookpunt bereik en laat staan eenkant. Druk die water uit die gelatienblare en roer by die room.

2        Maak ’n puree van die gekookte aspersies in ’n voedselverwerker. Skep oor in ’n bak en roer die kaas en roommengsel by. Geur met sout en peper.

3        Voer ’n broodpan uit met kleefplastiek en skep aspersie-mengsel daarin. Laat dit twee uur in yskas afkoel en bedien op brood.

- Hope Malau