125 ml (½ k) gesmelte STORK BAKE

1 ui, gerasper

50 g STORK BAKE

375 ml (1½ k) gerasperde biltong of gevlokte, gerookte snoek of gekapte, gerookte salm

sap van halwe suurlemoen

vars gemaalde swartpeper

250 ml (1 k) dik room

vars kruie en repe biltong, snoek of salm vir garnering

Voorverhit die oond tot 200 °C en smeer 24 kolwyntjiepan-holtes. Sny elke vel filodeeg in 12 vierkante en smeer elkeen met gesmelte Stork Bake. Voer elke kolwyntjieholte met drie vierkante uit; laat die een bo-op die ander lê. Bak 5 tot 7 minute tot goudbruin en bros. Haal uit die pan en laat op ’n draadrak afkoel.

Braai die ui in die 50 g Stork Bake tot sag.

Verwyder van die hitte en meng met die biltong (of snoek of salm), suurlemoensap en swartpeper. Klop die room tot stywe punte begin vorm en vou in.

Verkoel tot gestol. Skep of spuit deur ’n koekspuit in die filokoppies net voor opdiening. Garneer met ’n kruie-spriet en ’n reep biltong (of snoek of salm).

Lewer 24.

WAAR en WANNEER kan ek die Stork-resepte kry?

Een keer per maand word ‘n dubbelblad resep-artikel in Huisgenoot en YOU gepubliseer. Hierdie resepte kan uitgeknip en in jou Stork Joernaal geplak word. Sowat twee weke later sal dieselfde resepte ook op huisgenoot.com beskikbaar wees (gaan na KOS en dan Stork).

Die resepte word gepubliseer van Februarie 2010 tot Janaurie 2011.

HOE gemaak as ek van die resepte misgeloop het?

Gaan na huisgenoot.com en klik op KOS en dan Stork-resepte – jy kan die resepte daar kry. Die resepte word gepubliseer van Februarie 2010 tot Janaurie 2011.

Jy kan ook ‘n vorige uitgawe van HUISGENOOT bestel (teen gewone prys) by Huisgenoot Intekenare by telNA. 0860 103 687

WAAROM pas die internet-resepte nie in die ruimte daarvoor gelaat in my Stork-joernaal nie?

Jou Stork-joernaal is ontwerp met die resepte, soos gepubliseer in Huisgenoot, ingedagte. Ongelukkig kan ons net die kopie op die webblad verskaf. Af jy wil hê dit moet lyk soos in die Joernaal moet jy seker maak dat jy nie jou uitgawe van Huisgenoot misloop nie! Jy kan ook ‘n vorige uitgawe van HUISGENOOT bestel (teen gewone prys) by Huisgenoot Intekenare by tel. 0860 103 687

HOE gemaak as ek nog 'n joernaal wil kry

Nie jou kopie van die joernaal gekry nie? SMS die woord JOERNAAL en jou naam en adres na 39354. Elke SMS kos R15 en sluit die joernaal en posgeld in.