DEEG

500 ml (2 k) koekmeel

2 ml (½ t) sout

250 g STORK BAKE, in blokkies gesny

80 ml (1/3 k) yskoue sodawater

30 ml (2 e) suurlemoensap

SOP

60 ml (4 e) STORK SPREAD

1 ui, fyn gekap

500 g gemengde sampioene, fyn gekap

125 ml (½ k) sjerrie

30 ml (2 e) koekmeel

500 ml (2 k) warm hoenderaftreksel

250 ml (1 k) melk

sout en peper

125 ml (½ k) room

ekstra 45 ml (3 e) sjerrie

AFRONDING

geklitste eier

DEEG

Meng die meel en sout in ’n bak. Voeg die Stork Bake by en vryf dit met die vingerpunte in tot dit soos broodkrummels lyk. Voeg die sodawater en suurlemoensap by en meng dit tot ’n stywe deeg. Draai dit in kleefplastiek toe

en verkoel vir 1 uur in die yskas.

SOP

Verhit die Stork Spread en braai die ui tot sag. Voeg die sampioene by en braai tot gaar en droog. Voeg die sjerrie by en laat 2-3 minute prut. Sprinkel die meel oor en laat kook ’n paar sekondes. Voeg die aftreksel en melk by, bring tot kookpunt, roer en laat 10 minute prut. Laat dit effens afkoel en voeg sout en peper by. Voeg die room en ekstra sjerrie by en verpulp die sop. Verdeel tussen 8 oondvaste bakkies en laat dit afkoel.

AFRONDING

Rol die deeg sowat 3 mm dik uit. Sny sirkels uit wat 5 mm wyer as die bakkies is en prik oral met ’n vurk. Maak ’n gaatjie in die middel van elk waardeur die stoom kan ontsnap. Versier die deeg met die oorskietdeeg. Verf die eier oor die deeg en verkoel terwyl die oond tot 220 °C verhit word. Verf die rande van die bakkies met eier en plaas die deegsirkels bo-op. Seël die rande met ’n vurk. Bak 10 minute, verlaag die temperatuur tot 160 °C en bak nog 15 minute tot die deeg gaar is.

Genoeg vir 8.

WAAR en WANNEER kan ek die Stork-resepte kry?

Een keer per maand word ‘n dubbelblad resep-artikel in Huisgenoot en YOU gepubliseer. Hierdie resepte kan uitgeknip en in jou Stork Joernaal geplak word. Sowat twee weke later sal dieselfde resepte ook op huisgenoot.com beskikbaar wees (gaan na KOS en dan Stork).

Die resepte word gepubliseer van Februarie 2010 tot Janaurie 2011.

HOE gemaak as ek van die resepte misgeloop het?

Gaan na huisgenoot.com en klik op KOS en dan Stork-resepte – jy kan die resepte daar kry. Die resepte word gepubliseer van Februarie 2010 tot Janaurie 2011.

Jy kan ook ‘n vorige uitgawe van HUISGENOOT bestel (teen gewone prys) by Huisgenoot Intekenare by telNA. 0860 103 687

WAAROM pas die internet-resepte nie in die ruimte daarvoor gelaat in my Stork-joernaal nie?

Jou Stork-joernaal is ontwerp met die resepte, soos gepubliseer in Huisgenoot, ingedagte. Ongelukkig kan ons net die kopie op die webblad verskaf. Af jy wil hê dit moet lyk soos in die Joernaal moet jy seker maak dat jy nie jou uitgawe van Huisgenoot misloop nie! Jy kan ook ‘n vorige uitgawe van HUISGENOOT bestel (teen gewone prys) by Huisgenoot Intekenare by tel. 0860 103 687

HOE gemaak as ek nog 'n joernaal wil kry

Nie jou kopie van die joernaal gekry nie? SMS die woord JOERNAAL en jou naam en adres na 39354. Elke SMS kos R15 en sluit die joernaal en posgeld in.