Genoeg vir 4 mense

POLENTA

250 ml (1 k) polenta

sout en vars gemaalde swartpeper

15 ml (1 e) botter

UI-EN-MOSTERD-MARMELADE

30 ml (2 e) olyfolie

3 uie, in ringe gesny

30 ml (2 e) heelkorrelmosterd

30 ml (2 e) vrugteblatjang

olie vir braai

125 ml (½ k) mozzarellakaas, gerasper

handvol basilieblare

Voorverhit die oond tot 220 °C.

POLENTAVINGERS

Maak die polenta gaar volgens die aanwysings op die pakkie. Geur met sout en peper, en roer die botter in. Sprei die gaar polenta op ’n gesmeerde bakplaat. Dit moet sowat 2 cm dik wees. Laat afkoel en sny in sowat 8 vingers.

UI-EN-MOSTERD-MARMELADE

Verhit die olie en braai die uie sowat 15-20 minute oor lae hitte.

Sit die heelkorrelmosterd en blatjang by die uie en roerbraai ’n paar minute . Geur met sout en peper.

Sny die gestolde polenta in vingers en verhit die olie in ’n skoon pan. Braai die vingers ’n paar minute tot goudbuin.

Sit die gebraaide polentavingers op ’n bakplaat en skep die uiemarmelade bo-op. Sprinkel die kaas oor en bak sowat 5 minute of tot goudbruin. Sprinkel met basilieblare.

Deur Esther Malan, Carmen Petersen en Bernice van der Merwe

Foto: David Briers

Volg Huisgenoot op Twitter.