Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 20 min.

Gaarmaak: 40-45 min.

TAMATIES

800 g tamaties

45 ml (3 e) olyfolie

sout en peper

BROODJIES

500 ml (2 k) bruismeel

sout

250-375 ml (1-1½ k) jogurt

SALSA VERDE

15 g vars pietersielie

30 g vars basilie

1 knoffelhuisie

60 ml (¼ k) olyfolie

15 ml (1 e) suurlemoensap

5 ml (1 t) kappertjiesaad

2 ml (½ t) Dijon-mosterd

VIR VOORSIT

250 g maaskaas (grof)

ekstra olyfolie

Voorverhit die oond tot 200 °C.

  1. Tamaties Halveer en versprei op ’n bakplaat. Besprinkel met die olie en geur met die sout en peper. Rooster 30 min.
  2. Broodjies Meng die bruismeel en sout. Maak ’n holte in die middel, voeg die jogurt geleidelik by en meng met ’n vurk tot ’n deeg vorm. Keer uit en knie liggies.
  3. Verdeel die deeg in 8 en rol uit. Verhit ’n pan en verf liggies met olie. Braai die broodjies alkante tot goudbruin.
  4. Salsa verde Pols als in ’n voedselverwerker.
  5. Vir voorsit Smeer die maaskaas op die broodjies, pak die tamaties op en drup die salsa verde en olie oor.