Dis ’n lekker oop broodjie om aan te peusel wanneer die hongerte wintertyd al vroegdag begin knaag. Geniet dit ook voor ete saam met drankies.

Maak 24 klein platbrode.

PLATBROOD

Dis ook heerlik vir peusel sommer net so op sy eie.

600 g koekmeel

10 ml sout 5 ml suiker

1 x 10 g-pakkie kitsgis

160 ml olyfolie

sowat 400 ml louwarm water

6 knoffelhuisies, fyn gedruk

6 takkies roosmaryn

growwe sout en swartpeper

Voorverhit die oond tot 200 °C.

Smeer ’n paar bakplate.

Plaas die meel, sout en suiker in ’n groot bak.

Strooi die gis boop en voeg 30 ml van die olyfolie by.

Giet die helfte van die water by en meng met jou hande.

Voeg meer water bietjie vir bietjie by en knie tot dit ’n sagte, ferm deeg vorm wat nie meer aan jou hande vaskleef nie.

Bedek die bak met kleefplastiek en laat die deeg op ’n warm plek rys tot dubbel die grootte.

Knie af en verdeel in ses gelyke dele.

Rol elke stukkie deeg in 4 klein bolletjies.

Meng die oorblywende olyfolie, knoffel en roosmaryn in ’n bakkie.

Rol elke bolletjie dun op ’n meelbestrooide oppervlak uit en plaas dan op ’n gesmeerde bakplaat.

Smeer die oliemengsel oor elkeen en besprinkel met growwe sout en peper.

Bak 10 minute tot die deeg plek-plek gepof, effens ligbruin en bros is.

Volg Huisgenoot op Twitter.