4 pitabrode

60 ml (¼ k) mayonnaise

hand vol vars koljanderblare, gekap

2 gerookte hoenderborsies, in repe gesny

200 g mozzarellakaas, gerasper

  1. Sny die pitabrode oop en smeer die een helfte met die mayonnaise.
  2. Verdeel die koljander en hoender tussen die brode en bedek met die kaas.
  3. Plaas die ander pitabroodhelftes op en rooster effens in ’n pan, in die oond of selfs op die kole.
  4. Sit voor saam met slaai.