Bereiding: 5 minute

Gaarmaaktyd: 20 minute

Lewer 12 eierhappies

6 ekstragroot hard gekookte eiers

1 bottel ingemaakte beet

250 ml (1 k) appelwynasyn

80 ml (? k) bruinsuiker

sout en vars gemaalde swartpeper

5 ml (1 t) mosterd

30 ml (2 e) mayonnaise

2,5 ml (½ t) paprika

15 ml (1 e) asyn

30 ml (2 e) olyfolie

1.    Dop die eiers af en hou eenkant.

2.    Giet die rooi asyn van die beet in ’n ander bottel uit. (Gebruik die beet binnekort in ’n maaltyd.) Voeg die appelwynasyn, suiker, sout en peper by die beetasyn en meng goed. Sit die eiers in die mengsel, bedek en laat rus 5 uur of oornag.

3.    Skep die eiers uit en laat hulle droog word. Sny elkeen middeldeur. Skep die gele in ’n bak uit en voeg die res van die bestanddele by. Maak fyn tot glad. Gebruik ’n versier- of plastieksak en spuit die eiergeelmengsel in die pienk eiers

- Hope Malau