Bereiding: 6 uur

Gaarmaaktyd: Geen

Genoeg vir 4 mense

1 groot ciabatta-rol of 4 klein rolletjies

30 ml (2 e) botter

125 ml (½ k) basiliepesto

250 ml (1 k) gepekelde soet- of pikantrissies

500 g gemengde kouevleise (salami, ham, gerookte hoender)

200 g mozzarellaballe, in skywe gesny

uiemarmelade

sout en peper na smaak

1 groot bos roketblare, gewas

1.    Sny die ciabatta oorlangs middeldeur en smeer albei kante met botter en pesto. Pak ’n laag rissies op die onderste sny brood. Bedek met ’n milde laag kouevleise en kaasskywe.

2.    Bedruip uiemarmelade oor die kaas en geur met sout en peper. Bedek met roket en ’n sny ciabatta.

3.    Draai elke toebroodjie styf toe met kleefplastiek en plaas op ’n bord. Wanneer almal berei is, sit die bord in die yskas vir minstens ses uur met iets swaars daarop om te sorg dat al die bestanddele en geure goed meng.

4.    Verwyder die kleefplastiek en sit voor.

- Hope Malau