GENOEG VIR 4 MENSE

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 25-30 min.

VULSEL

15 ml (1 e) olie

2 uie, in skyfies gesny

500 g maer beesmaalvleis

30-45 ml (2-3 e)

geroosterde kerriepoeier

60 ml (¼ k) blatjang

2 aartappels, geskil, in blokkies gesny en gekook

sout en vars gemaalde peper

OOSTERSE ROLLETJIES

250 g filodeeg

60 ml (¼ k) botter, gesmelt

Voorverhit die oond tot 180 °C. Spuit ’n bakplaat met kossproei.

  1. Vulsel Verhit die olie en braai die uie tot sag. Voeg die maalvleis by en roerbraai tot gaar.
  2. Roer die kerrie en blatjang deur en roerbraai ’n paar minute.
  3. Voeg die aartappels by en geur met die sout en peper na smaak.
  4. Oosterse rolletjies Skep van die vulsel aan die onderkant van een van die velle filodeeg. Verf die punte met die gesmelte botter, rol een keer om en vou die kante in. Rol heeltemal op en seël met nog botter. Herhaal met die res van die vulsel en deeg.
  5. Verf die rolletjies oraloor met die botter en pak op die bakplaat. Bak 15-20 min. of tot goudbruin.