Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 20-25 minute

Staantyd: 2 uur of langer

MARINADE

10 ml (2 t) vars gemmer, gerasper

3 knoffelhuisies, fyn gekap

60 ml (¼ k) bruinsuiker

50 ml (10 t) sjerrie

150 ml witwyn

10 ml (2 t) elk oestersous en sojasous

5 ml (1 t) vyfspeserypoeier

hand vol vars koljanderblare, gekap

VLEIS EN GROENTE

250 g lamsboud, ontbeen

wortel- en murgpampoentjierepies

vars spinasieblare, wit stele uitgesny

  1. MARINADE Roer die bestanddele in ’n kastrol tot die suiker opgelos is.
  2. Laat ’n paar minute prut, laat dan afkoel en marineer die vleis minstens 2 uur daarin.
  3. VLEIS EN GROENTE Braai die vleis alkant vinnig bruin. Voorverhit die oond tot 160 °C en plaas die vleis 15 minute in die oond.
  4. Laat rus en sny in dun skyfies. Plaas ’n skyfie vleis saam met groente op ’n spinasieblaar en rol toe.