Genoeg vir 2-4 mense

20 ml olyfolie

15 ml rooikerrie-pasta (paste)

6 sprietuie, fyn gekap

3 ontbeende hoenderborsies, in repe gesny

125 ml koljander

2 blikke(410 g elk) gekapte tamaties

1 blik (410 g) klappermelk

300 ml hoenderaftreksel

5 ml sagte bruinsuiker

Ekstra koljander vir garnering

Verhit die olyfolie in ‘n kastrol en braai die rooikerrie-pasta en sprietuie vir ‘n paar minute.

Roer die hoender by en braai tot gaar en geurig.

Geur met sout en varsgemaalde swartpeper.

Roer die koljander, tamaties, klappermelk en hoenderaftreksel by en bring tot kookpunt.

Verlaag die hitte en prut vir sowat 10 minute.

Roer die bruinsuiker by en prut vir nog ‘n paar minute.

Geur indien nodig en sit voor met ekstra kolanderblare.