Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 20 minute

Lewer 4 snye

4 beenlose hoenderborsies

5 ml (1 t) hoenderspesery

blaarslaai, tamatie, soetrissies en dik snye bruinbrood

Mayonnaise

1 eiergeel

10 ml (2 t) Dijon-mosterd

2 knoffelhuisies, fyngedruk

sout en peper na smaak

250 ml (1 k) kanola-olie

10 ml (2 t) asyn

10 ml (2 t) melk

Bak die hoender 20 minute oor medium hitte of tot gaar. Dreineer en versnipper met twee vurke. Geur met hoenderspesery.

Mayonnaise

Meng die eiergeel, mosterd en knoffel in ’n bak en geur met sout en peper.

Sit ’n klam lap onder die bak om te keer dat dit rondskuif terwyl jy klits.

Gooi die olie in ’n beker.

Gebruik ’n klitser en gooi ’n paar druppels olie in die eiergeelmengsel.

Klits tot goed gemeng.

Gaan voort om ’n egalige stroom olie langs die kant van die bak af te gooi en klits aanhoudend (dit is maklik as iemand jou help).

Wanneer die olie  ingemeng is, voeg die asyn en melk by tot goed gemeng.

Meng die versnipperde hoender met die tuisgemaakte mayonnaise en skep dit op die bereide broodjie.

- Hope Malau