WEB 20 NOV

Lewer 12 balle

Bereidingstyd: 20 minute

Baktyd: 20 minute

250 ml (1 k) koekmeel

250 ml (1 k) sagte gaar mieliemeel

1 eier

5 ml (1 t) bakpoeier

250 ml (1 k) gerasperde cheddarkaas

250 g spekstukkies, gaar

olie vir vlak braai

1.Voorverhit die oond tot 180 °C.

2. Meng al die bestanddele behalwe die olie goed en sit eenkant.

3.Verhit die olie in ’n braaipan. Skep lepels vol van die beslag in die olie en braai tot oraloor goudbruin. Dreineer op kombuispapier.

4.Plaas die balle op ’n bakplaat en bak 15 tot 20 minute. Sit voor saam met blatjang of salsa.