Bereidingtyd: 5 minute

Gaarmaaktyd: 10 minute

Genoeg vir 4 mense

4 tortillas tortilla wraps

12 heel aspersies

5 ml (1 t) olie

60 ml (¼ k) salmgeur-roomkaas

250 ml (1 k) klein steurgarnale, gaar

2 mango’s, in skywe gesny

60 ml (¼ k) pietersielie

1.    Verhit ’n pan oor medium hitte en rooster die tortillas weerskante vir ’n paar sekondes. Gooi olie in die dieselfde pan en braai die aspersies tot bruin en sag.

2.    Smeer die tortillas met roomkaas. Strooi die steurgarnale, mango, aspersies en pietersielie oor die een helfte van elke tortilla.

3.    Rol op en sit voor.

- Hope Malau