500 g sampioene

2 eiers, geklits en gegeur met sout en peper

375 ml (1½ k) growwe broodkrummels

30 ml (2 e) gedroogde pietersielie

olie

60 ml (¼ k) griekse jogurt

60 ml (¼ k) mayonnaise

10 ml (2 t) heuning

10 ml (2 t) Dijon-mosterd

10 ml (2 t) heelkorrelmosterd

  1. Doop die sampioene in die eiermengsel en rol in die broodkrummels en pietersielie.
  2. Verhit die olie en braai die sampioene tot goudbruin.
  3. Ryg aan sosatiestokkies.
  4. Meng die res van die bestanddele en sit dit as ’n doopsous voor.