Lewer 24

Bereiding: 15 minute

Afkoeltyd: 1 uur

Gaarmaaktyd: 20 minute

5 ml (1 t) olie

150 g swoerdlose spekvleis, fyngekap

180 g botter

250 ml (1 k) meel

500 ml (2 k) melk

250 ml (1 k) gerasperde Cheddar-kaas

sout en peper

meel vir bestrooi

1 eier, geklits

broodkrummels vir bolaag

250 ml (1 k) olie

slaai en roosterbrood vir voorsit

1 Verhit die olie in ’n pan oor matige hitte en braai die spekvleis tot bros. Smelt die botter in ’n pot oor matige hitte, voeg die meel by en meng om ’n roux (gladde pasta) te vorm. Voeg die melk by terwyl jy aanhoudend roer tot ’n dik sous vorm. Verwyder van die hitte en roer die kaas en gaar spekvleis in. Giet uit op ’n gesmeerde bakpan en laat ’n uur afkoel.

2 Giet die koppie olie in ’n kastrol en verhit oor matige hitte. Smeer jou hande met ’n bietjie koue olie en rol die spekvleis-en-kaaspasta in worsvormige krokette.

3 Bestrooi die krokette met meel, doop hulle in die geklitste eier, dan in die broodkrummels, weer in die eier en laastens weer in die broodkrummels.

4 Braai hulle in die verhitte olie tot bros en goudkleurig. Sit voor op brood saam met slaai.

- Hope Malau