Maak 16-20 hoenderstokkies

Bereiding: 30 minute

Gaarmaaktyd: 30 minute

Verkoeltyd: 15 minute

250 ml (1 k) gaar jasmynrys

4 hoenderborsfilette, in stukke gesny

15 ml (1 e) suurlemoensap

5 ml (1 t) knoffel-en-gemmerpasta

2 ml (½ t) groen brandrissies, ontpit en gekap

60 ml (¼ k) gekapte koljanderblare

3 ml (ruim ½ t) fyn komyn

sout en peper na smaak

2 eiers, effens geklits

witbroodkrummels om in te rol

olie om in te braai

komkommer-en-komynjogurt vir voorsit

  1. Plaas al die bestanddele behalwe 1 eier, die krummels en die olie in ’n voedselverwerker en verwerk tot fyn.
  2. Vorm ovaal rolletjies en rol in die orige eier en dan in die broodkrummels. Verkoel 15 minute.
  3. Verhit genoeg olie vir diepbraai en braai tot goudbruin en gaar. Dreineer en druk op
  4. sosatiestokkies.
  5. Sit voor saam met Griekse jogurt waarin komkommer en ’n bietjie komyn gemeng is.