Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 30-40 minute

Gaarmaaktyd: sowat 15 minute

400 g gaar hoender, in fyn stukkies gesny

250 ml (1 k) mayonnaise

80 g agurkies, fyn gekap

1 ui, fyn gekap

10 grasuie, fyn gekap

sout en vars gemaalde swartpeper

sowat 40 g botter, gesmelt

sowat 30 ml (2 e) kookolie

sowat 15 velle filodeeg

100 g mozzarellakaas, gerasper

basilieblare vir garnering (opsioneel)

  • Voorverhit die oond tot 180 °C.
  • Smeer ’n groot bakplaat met olie en bedek met bakpapier.

  1. Meng die hoender, mayonnaise, agurkies, ui, grasuie, sout en peper.
  2. Meng die botter en olie en verf elke filovel met die mengsel. Sny die velle in die helfte.
  3. Skep groot lepels vol van die hoendermengsel op die punt van elke filohelfte en strooi ’n bietjie kaas oor. Bring die kante van die filodeeg na mekaar toe en rol die rolletjies op.
  4. Plaas die rolletjies op die bakplaat en bak sowat 15 minute of tot bros en gaar.
  5. Garneer met basilieblare indien verkies.