Lewer sowat 9 sigare

Bereiding: 30 minute

Gaarmaaktyd: 20-25 minute

VULSEL

350 g hoenderborsfilette

1 klein ui, gekap

olie

1 eier, geklits

2 ml (½ t) fyn kaneel

2 ml (½ t) fyn gemmer

30 ml (2 e) rosyntjies

45 ml (3 e) elk gekapte pietersielie- en koljanderblare

sout en peper na smaak

KORS

4-5 velle filodeeg

gesmelte botter vir bo-oorverf

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. VULSEL Kap die hoender in die voedselverwerker fyn.
  2. Braai die ui in ’n bietjie olie tot sag en gaar.
  3. Voeg die ui saam met die res van die vulselbestanddele by die hoender en meng goed deur.
  4. KERS Rol die filodeeg oop en sny in repe van 10 x 25 cm. Bedek met ’n klam doek om te voorkom dat die deeg uitdroog terwyl jy werk.
  5. Plaas een reep op ’n werkoppervlak en plaas ’n teelepel vulsel op een punt van die deeg. Rol een keer oor, vou die kante in en rol dan verder op. Verf die puntjie met ’n bietjie gesmelte botter. Verf die bokant ook met die gesmelte botter. Plaas op ’n bakplaat. Herhaal met res van die deeg en vulsel.
  6. Bak 20-25 minute in die voorverhitte oond of tot die hoender en deeg gaar is.