Genoeg vir 2 groot porsies of 4 klein porsies

600 g gaar hoender, sonder vel en been

6 stingeluie, fyn gekap

100 ml mayonnaise

80 ml jogurt

sout en vars gemaalde swartpeper

2-4 snye rogbrood

Sny die ontbeende hoender in stukkies en plaas in ’n mengbak.

Meng die stingeluie, mayonnaise en jogurt en geur met sout en vars gemaalde swartpeper.

Rooster die rogbrood op ’n verhitte riffelpan of in ’n gewone broodrooster en skep die hoender op die broodjies.

Sit voor saam met groenslaai.