Genoeg vir 4 porsies

4 groot hoenderborsies sonder vel (600 g)

250 g (1 pakkie) spek

12 tandestokkies

125 ml (½ k) braaisous

Voorverhit die oond tot 180 °C.

1. Sny elke hoenderborsie in ongeveer 3 stukke. Draai 1 of 2 stukkies spek om elke stukkie hoender en se?l met ’n tandestokkie.

2. Bedek die rolletjies met die sous, plaas in die yskas en laat marineer minstens 15 minute.

3. Verwyder die rolletjies van die sous en plaas op ’n bakplaat. Bak 10-15 minute of tot gaar.

4. Sit voor saam met polenta of slaai.