15 ml olyfolie

1 groot hoenderborsie, ontvel en ontbeen

sout en vars gemaalde swartpeper

125 g sampioene, fyn gekap

1 prei, fyn gekap

125 ml room

15 ml pietersielie, fyn gekap

1 rol (400 g) Today Brown Bread Puff Pastry

Voorverhit die oond tot 200 °C.

Verhit die helfte van die olie en braai die hoenderborsie tot gaar.

Geur met sout en peper en vlok die hoender in fyn stukkies.

Verhit die res van die olie en braai die sampioene en prei tot gaar.

Roer die room by die sampioene en prei en kook tot al die vloeistof verdamp het.

Roer die pietersielie en gevlokte hoender daarby in.

Rol die deeg op ’n meelbestrooide oppervlak uit, sny dit in blokkies  van 8 cm x 8 cm elk, skep ’n lepel vol vulsel in elke blokkie en rol die deeg op.

Smeer die kante met ’n bietjie water, knyp dit toe en rangskik die rolletjies op ’n gesmeerde bakplaat.

Bak 15 tot 20 minute of tot gaar.

Maak sowat 12 rolletjie