Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 20 min.

30 ml (2 e) olie

2,5 ml (½ t) rooipeper

sout en peper

2 bete, in skywe gesny

1 middelslag-patat, in skywe gesny

DOOPSOUS

1 ui, gekap

250 g roomkaas

300 g mozzarellakaas, gerasper

125 ml (½ k) mayonnaise

’n hand vol pietersielie, gekap

sout en peper

Voorverhit die oond tot 200 °C.

  1. Meng die olie, rooipeper en sout en peper in ’n klein bakkie. Vryf die groente daarmee in.
  2. Pak die groente op ’n draadrak oor ’n bakplaat en bak 10 min.
  3. Doopsous Meng die ui, roomkaas, mozzarella en mayonnaise in ’n voedselverwerker. Verwerk tot glad. Vou die pietersielie in en geur met die sout en peper.
  4. Gooi die mengsel in ’n klein bakskottel en bak 15 min. of tot goudkleurig.
  5. Verkoel en sit saam met die groenteskyfies voor.

Deur Hope Malau

Foto: Misha Jordaan