250 ml (1 k) bruismeel

sout en peper

125 ml (½ k) sodawater

olie

500 g groenteverskeidenheid soos

aspersies, babamielies, babawortels en broccoli

250 ml (1 k) jasmynrys, gekook

60 ml (¼ k) koljanderblare, gekap

1 brandrissie, gekap

  1. Geur die meel met die sout en peper en klits die sodawater by tot ’n beslag.
  2. Verhit die olie. Doop die groente een-een in die beslag en diepbraai in die olie tot dit goudbruin en gaar is. Dreineer op kombuispapier.
  3. Meng die rys, koljander en rissie.
  4. Sit die groente voor saam met die rys en soet brandrissiesous.

Wenk:

Olie is warm genoeg vir diepbraai as ’n broodblokkie mooi goudbruin daarin braai