Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 30 minute

Gaarmaaktyd: 30 minute

10-20 klein uitjies (na gelang van die aantal mense)

10-20 heel knoffelhuisies, skoongemaak

10-20 versoete kersies 100 g botter 30 ml (2 e) vars kruie, gekap 250 ml (1 k) gerasperde cheddarkaas 10-20 repies spek

  1. Sny die uitjies se puntjies af en haal die binneste dele uit.
  2. Plaas ’n heel vars knoffelhuisie en kersie binne-in elkeen.
  3. Meng die botter, kruie en kaas. Skep dit binne-in die uitjies.
  4. Draai die spekrepe om die uitjies en steek vas met ’n peuselstokkie.
  5. Rol toe in tinfoelie en plaas tussen die braaikole. Braai tot gaar.
  6. Sit warm voor.