Genoeg vir 4—6 mense

30 ml (2 e) olyfolie

30 g botter

120 g ui, grof gekap

250 g botterskorsie, in stukke gesny

100 g geel soetrissie, in stukke gesny

100 g rooi soertissie, in stukke gesny

120 g broccoli

30 ml (2 e) vars kruie (pietersielie, tiemie, oregano, basiliekruid), fyn gekap

1 blik (410 g) gekapte tamaties

250 g kersietamaties

30 ml (2 e) blatjang

Sout en varsgemaalde swartpeper

blaarslaai

4 pita’s

Verhit die olyfolie en botter in ‘n groot kastrol en braai die ui, botterskorsie, soetrissies en broccoli oor hoë hitte vir ‘n paar minute.

Roer die vars kruie, gekapte tamaties, kersietamaties en blatjang by en geur met sout en varsgemaalde swartpeper.

Verlaat die hitte en prut vir sowat 10 minute of tot gaar en geurig.

Rooster die pita’s en sny in stukke.

Sit ‘n stukke blaarslaai bo-op elke pita gevolg deur ‘n groot skep van die ratatouille.