Genoeg vir 2-4 mense

60 ml (4 e) olyfolie

1 ui, in skywe gesny

125 g chorizo-worsies, skuins gesny

200 g Rosa-tamaties, gehalveer

80 ml (? k) balsemieke asyn

sout en vars gemaalde swartpeper

basilieblare, geskeur

OPDIENING

4 ciabatta-rolletjies

Verhit die olyfolie in ’n braaipan.

Braai die ui sowat 5 minute alleen.

Voeg die chorizo-stukke by en braai 10 minute.

Voeg balsemieke asyn by en braai nog 3 minute.

Plaas die tamaties in ’n opdienbak.

Geur met sout en peper na smaak.

Skep die warm chorizo en ui op die tamatie in die opdienbak.

Skeur die vars basilieblare oor en sit dadelik voor met ciabatta.