Genoeg vir 4 mense

3 groot eiervrugte

30 ml (2 e) olyfolie

1 ui

2 knoffelhuisies

1 groot rooi soetrissie

250 ml bruin sampioene

1 blik (410 g) gekapte tamaties

5 ml sagte bruinsuiker

sout en vars gemaalde swartpeper

60 ml (¼ k) vars kruie soos oregano en basilieblare

200 g fetakaas, gekrummel

50g parmesaankaas, gerasper

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n mediumgrootte oondbak.

Sny die eiervrug in dun skywe en smeer beide kante met olie.

Verhit ’n pan en braai tot goudbruin en hou eenkant.

Kap die ui, knoffel, soetrissie en sampioene in growwe stukke. Verhit die res van die olie en braai ’n paar minute.

Roer die tamaties, suiker, sout, peper en kruie by en prut sowat 10 minute.

Rangskik die eiervrugskywe op ’n werkoppervlak en deel die fetakaas tussen die skywe, rol op en pak in bak.

Giet die tamatiesous bo-oor die rolletjies, sprinkel met parmesaankaas en bak 20 minute.