GENOEG VIR 4 MENSE

Bereiding: 5 minute

Gaarmaaktyd: 10-15 minute

botter of olyfoliekossproei

6 velle filodeeg

1 pak (100 g) gemaalde amandels

60-80 ml (¼-¹/³ k) uiemarmelade

200 g babaspinasieblare

2-3 wiele fetakaas, gekrummel

  • Voorverhit die oond tot 180 °C.
  • Spuit ’n bakplaat.

  1. Smelt die botter en verf die deeg daarmee of spuit met kossproei.
  2. Sprinkel die amandels oor elke vel behalwe die laaste een en stapel die velle op mekaar.
  3. Skep lepels uiemarmelade op.
  4. Sprinkel die spinasieblare en fetakaas oor.
  5. Rol die deeg op en plaas dit op die bakplaat. Verf weer met botter en bak 10-15 minute tot gaar en bros.