Genoeg vir 4 MENSE

Bereiding: 10 min.

Verkoeltyd: 30 min.

Gaarmaak: 15 min.

ERTJIEKOEKIES

750 ml (3 k) bevrore ertjies

2 eiers

2 sprietuie, gekap

30 ml (2 e) ment, gekap

skil van ½ suurlemoen en 15 ml (1 e) sap

1 wiel fetakaas, gekrummel

80 ml ( k) meel

sout en peper

30 ml (2 e) olie

TZATZIKI

250 ml (1 k) Griekse jogurt

½ komkommer, in blokkies gesny

2 knoffelhuisies, fyngedruk

Ertjiekoekies Kook die ertjies vinnig in kookwater, dreineer en spoel dadelik af met koue water.

Plaas die ertjies en die res van die bestanddele in ’n voedselverwerker. Pols tot net gemeng en tot die ertjies nog nie heeltemal fyn is nie. Geur met die sout en peper. Bedek met kleefplastiek en verkoel 30 min.

Verhit die olie in ’n pan. Drup eetlepels vol van die ertjiemengsel in die pan en braai tot goudbruin en gaar in die middel. Dreineer op kombuispapier.

Tzatziki Meng die bestanddele en geur met sout en peper.

Sit voor in tortillas saam met die tzatziki, vars ertjies en ment.