Genoeg vir 4 mense

Bereidingstyd: 20 minute

4 Portugese of saadvolgraanbroodrolletjies

1 rolletjie ham- of spekvleissmeer

4 blare cosblaarslaai

2 hardgekookte eiers, afgedop en gehalveer

sout en peper

60 ml (¼ k) mayonnaise

4 skyfies ham of repies gaar spekvleis

4 agurkies, in skyfies gesny

1 rooi- en/of geelsoetrissie, oondgerooster

eierrol-main1

  1. Halveer die rolletjies; sny heeltemal deur. Gebruik ’n skerp messie en hol die onderste broodhelfte uit; los ’n randjie van 5 mm.
  2. Smeer die uitgeholde brood en die boonste helfte goed met die vleissmeer.
  3. Pak ’n slaaiblaar, gevolg deur die eierhelfte, gegeur met die sout en peper, en ’n skeppie mayonnaise in die holte. Rangskik die ham of spekvleis, agurkies en soetrissie bo-op en plaas die boonste helfte op.
  4. Bind die rolletjie vas met ’n stukkie tou, soos om ’n pakkie.
  5. Plaas die rolletjies op ’n snyplank en plaas ’n ander snyplank bo-op. Plaas ’n swaar gewig bo-op om die vulsel stewig in die broodjie vas te druk. Hou in die koelkas tot nodig.