.

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 1 uur 15 min.

Lewer 450 g elk

KOEJAWEL

4 koejawels, in blokkies gesny

500 ml (2 k) suiker

skil en sap van 2 lemmetjies

15 ml (1 e) gelatienpoeier

45 ml (3 e) koue water

KWEPER

3 kwepers, skoongemaak, geskil en in blokkies gesny

250 ml (1 k) bruinsuiker

skil en sap van 1 lemoen

PEER

6 pere, geskil en in blokkies gesny

375 ml (1½ k) suiker

skil en sap van 1 suurlemoen

2,5 ml (½ t) fyn kaneel

KOEJAWEL

  1. Laat prut die koejawels, suiker, lemmetjieskil en sap 30 min. in ’n kastrol oor matige hitte. Verwyder van die hitte om af te koel. Druk die mengsel met ’n houtlepel deur ’n sif om die sappe vry te stel.
  2. Gooi die koue water in ’n bak en voeg die gelatien by terwyl jy met ’n vurk roer. Sit 5 min. eenkant. Plaas die bak oor pruttende water, maar maak seker dit raak nie aan die water nie.
  3. Roer tot die gelatien opgelos het. Roer dit by die koejawelmengsel in. Dit sal verdik namate dit afkoel.

KWEPER

  1. Bedek die kwepers in ’n pot met water en laat dit 45 min. prut. Skep met ’n gaatjieslepel uit. Puree in ’n menger met 250 ml van die prutvloeistof.
  2. Meng die puree, suiker, skil en sap in ’n pot. Bring 5 min. tot kookpunt oor matige hitte terwyl jy roer. Verlaag die hitte en laat dit nog 30 min. prut.

PEER

  1. Voeg al die bestanddele in ’n pot en bring tot kookpunt oor matige hitte. Verlaag die hitte en laat dit 1 uur prut terwyl jy gereeld roer. Skep die skuim met ’n lepel af en laat afkoel.
  2. Skep die konfyte in gesteriliseerde flesse en draai styf toe.

Deur Hope Malau