Griekse Joghurt

Die tekstuur van Griekse joghurt verskil van ander joghurts omdat dit dikker en meer romerig is, met ’n skerper smaak. Jy kan dit ook in soet, sout, warm of koue geregte gebruik.

Hoe om joghurt-ysstokkies te maak

Meng 2 koppies Griekse joghurt met ? koppie heuning, 1 teelepel rooswater en ? koppie bessies van jou keuse. Verdeel tussen 8 x ? koppie (80ml) ysstokkievorms. Bedek met aluminiumfoelie en druk ’n houtstokkie in elke ysstokkie. Vries vir 4-6 uur of oornag.

Gebruik dit in marinade

Marineer vir twee uur of oornag voor gaarmaak: hoenderdy-filette in 2 koppies Griekse joghurt, 1 eetlepel tamatiepasta, 4 gekneusde knoffelhuisies, suurlemoenskil, 2 eetlepels olyfolie, 1 eetlepel fyngemaalde gemmer en 2 gekapte rooirissies, sout en peper.

’n Heerlike slaaisous

Meng ½ koppie Griekse joghurt, 1 gekneusde knoffelhuisie, suurlemoensap, 4 eetlepels olyfolie, ¼ koppie ment, ¼ koppie basieliekruid, 2 eetlepels wit asyn, 2 eetlepels water, sout en peper na smaak.

carmen after picsDeur Carmen Niehaus – kosredakteur Huisgenoot & YOU