samoesadeeg-velle

dik vulsel van jou keuse, soos maalvleis

botter, gesmelt

  1. Rol die deeg oop en bedek met ’n klam teedoek. Trek een stuk af en hou die res bedek.
  2. Lê die deegvel plat op ’n skoon oppervlak neer. Verf water om die rand.
  3. Skep ’n teelepel vulselmengsel op die een punt van die strook en laat ’n rand van 1 cm.
  4. Vat ’n regterhoek en vou dit skuins na links om die vulsel toe te maak en ’n driekhoek te vorm.
  5. Vou weer al langs die boonste vou van die driehoek. Hou aan vou tot aan die einde van die strook. Verf weer die punt met water en maak die samoesa toe. Doen dieselfde met die res van die vulsel.
  6. Verf die samoesa met die botter en oondbak 15 min. teen 180 °C. Of diepbraai in ’n pot vol olie tot goudkleurig.

Deur Hope Malau

Foto’s: Jacques Stander