Genoeg vir 2 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 5 min.

60 ml (¼ k) ekstrasuiwer olyfolie

1 rooi-ui, in skywe gesny

’n knippie brandrissievlokkies

15 ml (1 e) balsemieke asyn

4 skywe spekvleis

30 ml (2 e) mayonnaise

’n hand vol koljander

4 sny suurdeegbrood

2 groen appels, kern verwyder en in skywe gesny

skywe cheddarkaas

  1. Voeg die olie in ’n pan oor matige hitte en soteer die uiskywe tot sag. Strooi die brandrissievlokkies in en giet die balsemieke asyn by.
  2. Braai die spekvleis in ’n ander pan tot effens bros. Meng die mayonnaise en koljander goed.
  3. Smeer ’n laag mayonnaisemengsel oor die brood. Voeg die kaas, appelskywe en spekvleis by en bedek met die uiemengsel.
  4. Maak die toebroodjie toe en geniet.

Deur Hope Malau

Foto: Jacques Stander