LEWER SOWAT 20 POFFERTJIES

Bereiding: 20 min.

Gaarmaaktyd: 15-20 min.

200 g chorizo, fyn gekap

½groen soetrissie, in klein blokkies gesny

60 ml (¼ k) fyn gekapte stingeluie

3 knoffelhuisies, fyn gedruk

60 ml (¼ k) olie

250 ml (1 k)

bruismeel

80 ml (¹/3 k)

mieliemeel

3 ekstragroot eiers, geskei

180 ml (¾ k) bier

250 ml (1 k) gekapte pietersielie

125 ml (½ k) gerasperde sterk cheddarkaas

olie vir diepvetbraai

  1. Braai die wors, soetrissie, stingeluie en knoffel in die verhitte olie tot sag.
  2. Meng die bruismeel en mieliemeel.
  3. Klits die eiergele en bier saam en voeg by die meelmengsel. Meng tot glad en laat 30 minute staan.
  4. Meng die worsmengsel, pietersielie en kaas by die meelmengsel in.
  5. Klits die eierwitte styf en vou by die mengsel in.
  6. Verhit genoeg olie vir diepvetbraai en skep ’n paar lepels van die beslag lepel vir lepel in die warm olie. Braai tot bruin en gaar binne. Herhaal met die res van die mengsel.
  7. Skep uit met ’n gaatjieslepel en dreineer op kombuispapier. Sit warm voor.