Jy kan hierdie as 'n versnappering of as 'n ligte maaltyd voorsit - en dit is boonop maklik om te maak.

Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 20 min.

Gaarmaak: 30 min.

15 ml (1 e) olie

600-750 g varkfilet, in repies gesny

30 ml (2 e) bruinsuiker

60 ml (¼ k) sojasous

10 ml (2 t) sesamolie

5 ml (1 t) suurlemoensap

350 g koolslaaimengsel

250 g filodeeg

60 ml (¼ k) botter, gesmelt

15 ml (1 e) sesamsaadjies

Voorverhit die oond tot 200 °C. Spuit ’n bakplaat met kossproei.

  1. Verhit die olie in ’n pan en braai die vark in sarsies tot net gaar.
  2. Voeg die suiker, sojasous, sesamolie, suurlemoensap en koolslaai by en roerbraai ’n paar minute. Hou eenkant.
  3. Sny die filodeeg in die lengte in die helfte. Skep van die vulsel aan die onderpunt van een van die velle deeg. Verf die kante van die deeg met die botter. Vou die kante in en rol op sodat dit ’n rolletjie vorm.
  4. Pak op die bakplaat en verf met die botter.
  5. Sprinkel die sesamsaadjies oor en bak 15-20 min. of tot goudbruin in die oond.
  6. Sit voor saam met ekstra sojasous en vars koljanderblare.