VULSEL

2 blikke (185 g elk)

tuna

1 blik (400 g) pitmielies,

gedreineer

250 ml (1 k) gerasperde

mozzarellakaas

80 ml (1/3 k) mayonnaise

sout en peper

FILO

1 rol filodeeg

45 ml (3 e) botter, gesmelt

Voorverhit die oond tot 200 °C.

  1. VULSEL Meng al die bestanddele. Geur met sout en peper.
  2. FILO Verf ’n vel filodeeg met gesmelte botter en plak nog een bo-op.
  3. Sny die filo in 3 stroke en plaas van die mengsel op elke strook.
  4. Rol die deeg een keer om, vou die kante in en rol verder op. Herhaal met die res.
  5. Verf met die botter en bak 15 minute.
  6. Sit voor met soet rissiesous.