Beïndruk jou vriende deur kaas wonderlik te laat smaak en lyk op roosterbrood.

GENOEG VIR 4 MENSE

Bereiding: 3 min.

Gaarmaak: 8 min.

1 knoffelhuisie

1 wiel camembert-kaas

1 takkie roosmaryn

brood vir voorsit

Voorverhit die oond tot 180 °C.

1. Sny die knoffel in 2 stukke en druk elke stuk in ’n kwart van die kaas in.

2. Steek die roosmaryntakkie in die kaas. Bak sowat 8 min. in die oond tot die kaas versag het.

3. Sit voor saam met roosterbrood.

Deur Hope Malau

Foto’s: Megan Miller