GENOEG VIR 4 MENSE

Bereiding: 3-5 minute

Gaarmaaktyd: 10 minute

Gebakte kaas

1 heel camembert

2 knoffelhuisies, fyn gedruk

olyfolie

Slaai

2-3 sonryp pruimtamaties, in skyfies gesny

swartolywe

langsteel-kappertjiesade

ciabatta-brood, in skywe gesny en gerooster

vars kruisement- en/of basielblare

sout en peper

Voorverhit die oond tot 180 °C.

Gebakte kaas Vou die kaas oop en plaas op ’n bakplaat.

Meng die knoffel en olyfolie en giet oor. Bak sowat 10 minute tot die kaas net gesmelt het en net-net wil oopbars. Sit dadelik voor saam met die slaai.

Slaai Pak die tamaties, olywe, kappertjiesade en brood op ’n dienbord.

Sprinkel die kruisement en/of basiel oor. Geur die tamatie met sout en peper.

Sit voor saam met die gebakte kaas.