Bruschetta Bestanddele:

  • 1 Franse brood, in snytjies van 1,5 cm gesny
  • olyfolie
  • roomkaas vir afronding
Avokadosalsa

  • 2 ryp avokado’s, in klein blokkies gesny
  • 1 Roma-tamatie, ontpit en in klein blokkies
  • gesny
  • 60 ml mayonnaise
  • 1 wiel fetakaas, fyn gekrummel (opsioneel)
  • 2 tot 3 stingeluie, gekap
  • sap van ’n halwe suurlemoen
Maak so:
  1. Braai die snytjies brood in ’n
  2. bietjie verhitte olyfolie in ’n pan
  3. tot alkant bruin.
Salsa

Meng al die bestanddele vir die salsa, maar hou ’n bietjie van die tamatie en stingelui eenkant. Skep hopies salsa op elke bruschetta en rond af met ’n klein skeppie roomkaas en ’n bietjie gekapte tamatie en ui