Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 30 minute

250 ml (1 k) bruismeel

2,5 ml (½ t) bakpoeier

30 ml (2 e) strooisuiker

125 ml (½ k) water

1 eier, geklits

125 ml (½ k) sesamsaad

Hollandaisesous

250 ml (1 k) botter

4 eiergele

5 ml (1 t) witwynasyn

15 ml (1 e) heelkorrelmosterd

sout en peper

1.    Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n bakplaat. Meng die droë bestanddele en gooi die water by terwyl jy roer tot goed gemeng.

2.    Rol die deeg in ’n worsvorm en sny dit in skywe. Rol elkeen in ’n vingergrootte-stokkie uit. Plaas op ’n bakplaat en sit vir 5 minute eenkant.

3.    Verf die deeg met die eier en bestrooi met die sesamsaad. Bak 20 minute en stel dan die oond op laag tot bros.

4.    Hollandaisesous: Verhit water in ’n kastrol oor matige hitte. Meng die eiergele in die water in ’n glasbak of vlekvryestaal-mengbak. Klits tot dit ’n ligte kleur het. Klits die asyn en mosterd in. Smelt die botter in ’n aparte kastrol en sorg dat dit nie borrel nie. Skep die wit lagie af wat op die botter vorm.

5.    Wanneer die water begin prut, plaas die bak oor die water sonder dat dit aan die water raak. Hou aan om die eiers te klits en voeg die botter in ’n stadige, egalige stroom by terwyl jy die eiers klits. Hou 2-3 minute aan klits terwyl die mengsel verdik. Verwyder van die hitte, geur met sout en peper en sit voor.

- Hope Malau

Photo: David Briers